Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 59829 resensies.

Worcester, Wes-Kaap

Suné's Self Catering

"Kan baie warm en koud word. Dit is nie negatiewe kommentaar nie."

Beaufort-Wes, Wes-Kaap

Die Kussinkie

"Skoon, netjiese dorp."

Jongensfontein, Wes-Kaap

SeeBries

"Rustige en ontspanne atmosfeer."

Pinelands, Wes-Kaap

Cape Garden Cottage

"Sentraal geleë vir enige een wat Kaapstad wil besoek. "

Seepunt, Wes-Kaap

Shalom Court 21 - Two Bedroom

"Seepunt is baie mooi en 'n gewilde toeristebestemming."

Simondium, Wes-Kaap

Station House

"Het het slegs een nag oorgeslaap nadat ek 'n funksie in die omgewing bygewoon het, so ek weet nie regtig wat die toeriste-aktiwiteite van die omgewing is nie, maar die natuurskoon is uit die boonste rakke en ek sal beslis 'n plan maak om meer van die omgewing uit te vind."

Vanrhynsdorp, Wes-Kaap

Van Rhyn Guest House

"Net jammer daar was slegs een restaurant waar mens iets te ete kon kry op 'n Sondagaand. Die algemene gevoel rondom Vanrhynsdorp is dat daar baie aangename mense woon."

Uniondale, Wes-Kaap

Schulteheim Hotel

"Hierdie dorpie het baie meer gebied as wat ons verwag het. Almal is baie vriendelik en ons het heeltemal veilig gevoel te alle tye. Ons gasheer het vir ons plek bespreek by The Hungry Ghost en dit was 'n bitter oulike eetplekkie met heerlike kos teen baie billike pryse. As jy wil wegbreek van die gewone lewe en net 'n slag ontspan, is Uniondale die plek vir jou."

Oudtshoorn, Wes-Kaap

Aloe-Garden Accommodation

"Baie mooi en skoon dorp. Vriendelike mense en baie besienswaardighede. Baie om te doen in die dorp en omliggende omgewing."

Kommetjie, Wes-Kaap

Happy Home Imhoff's Gift

"Baie mooi en veilige omgewing."

Wildernis, Wes-Kaap

Boardwalk Lodge Self-catering

"Oulike, stil dorpie met genoeg om te doen en sien."

Riebeek-Kasteel, Wes-Kaap

Cottage Pie Self-catering Cottage

"Nog baie potensiaal om bietjie meer uit te brei en om meer variteit te gee. Definitief die moeite werd om te besoek!"

D'Almeida, Wes-Kaap

Hotel Portao Diaz

"Baie veilig, niks om oor bekommerd te wees nie. Alhoewel jy nie regtig die see kan sien nie, is dit net lekker om te weet dat jy wel by die see is."

Plettenbergbaai, Wes-Kaap

75 Dune's Resort

"Baie mooi plek vir 'n vakansie."

Franschhoek, Wes-Kaap

Lekkerwijn Heritage Country House

"Franschhoek sal ons vir seker weer sien, met ander verblyf natuurlik!"

Rawsonville, Wes-Kaap

ATKV Goudini Spa

"'n Moet om weer te kom."

Barrydale, Wes-Kaap

Ruth62 Barrydale

"'n Stukkie van die hemel!"

Gansbaai, Wes-Kaap

Fisherman's Cottage

"Gansbaai is pragtig, sal dit vir enige een aanbeveel. "

Plattekloof, Wes-Kaap

iNkosi Luxury Lodge

"Naby aan Panorama Medikliniek."

Clanwilliam, Wes-Kaap

Clanwilliam Hills House and Flat

"Die droogte met gevolglike tekort aan water het vir seker 'n uitwerking op die toerismebedryf. Indien beskikbaarheid van water weer terugkeer na normaal, verdien hierdie pragtige dorpie vyf sterre!"

Simonstad, Wes-Kaap

Simonsberg Heights

"Daar is net geen braaiplek nie."

Lambertsbaai, Wes-Kaap

Penguinstraat 11

"Mense is baie vriendelik."

Paarl, Wes-Kaap

Mooi Bly

"Ons het heerlik geëet by Laborie en by Noop."

Struisbaai, Wes-Kaap

Trinacria

"Sal hou van 'n paar dekor winkels by."

Sederberg, Wes-Kaap

Enjo Nature Farm

"Doen die moeite en gaan verken die area. Pragtig!"

Pringlebaai, Wes-Kaap

Blue Dog Holiday Accommodation Pringle Bay

"Veilig rustig en uitstekende restaurante."

Hermon, Wes-Kaap

Du Vlei

"Hermon is 'n baie klein gehuggie, maar die toeriste aantreklikheid is Riebeek Kasteel, 'n klipgooi daarvandaan."

Blad
Blad 1482 - Wys 44431 tot 44460