Geverifieerde Resensie
Wes-Kaap
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wes-Kaap bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 47913 resensies.
"No traffic congestion. Supply stores are also close. We didn't need to use a GPS as everything could be found almost in one street. Travelling to Kalk Bay was also easy because it is in one straight line. "
"Die restaurant wat volpunte verdien is Die Buitesteen, dit was tot dusver die restaurant met die heerlikste seekos platters. Hul ribs was die beste. "
"As jy wil kom om te rus of klein kinders het en nie van plan is om te ry nie, dan kan ek dit aanbeveel of selfs vir besigheid."
"Lieflike omgewing en nie so besig soos by Mosselbaai en Hartenbos nie."
"Verkeer nogal 'n nagmerrie in Desember. Volgende keer sleep ek my avontuurmotorfiets saam as ons weer oor hierdie besige tyd in Knysna omgewing vakansie hou."
"Baie vriendelik! Was nie 'n vertrapping van mense nie. Goed geleë. Hawe weg is 'n wonderlike tydverdryf!"
"Ons was al 'n paar keer by Yzerfontein en sal weer daar draai, puik veilige bestemming met oop strande en lekker kuierplekke binne trefafstand van die Kaap."
"Wildernis is 'n awesome area om in vakansie te hou, die beste restaurante om in te eet van ontbyt tot aandete. Cocomo restaurant was een van ons hoogtepunte gewees, great kos, waiters wat hul werk en menus ken, almal is vriendelik en net 'n plesier."
"Ceres is geleë tussen die pragtigste berge en sommer naby omliggende dorpe. Die Bainskloof-pas is asemrowend mooi. Sal beslis besoek in wintermaande."
"Sal weer en weer en weer teruggaan Langebaan toe. Dit is so sentraal geleë. Geniet dit altyd baie daar."
"Die Paarl is die beste plek om oor te bly aangesien dit sentraal is en baie is om te doen en te sien. Die wynplase is almal 'n belewenis. Die Pinotage burgers by Byerskloof is 'n moet vir elke toeris wat Paarl toe gaan."
"Stil dorpie met hope staproetes en hengelplekke. Weg van die besetenheid van besige kusgebiede, maar naby genoeg aan Langebaan, Paternoster en Saldanha vir 'n vinnige besoek. Die argitektuur is pragtig en herinner aan die Griekse eilande. Daar is 'n klein nuts- en geskenkwinkeltjie met verrassings soos vars melktert en goedkoop hout. Die Weskus-mall is tien minute weg vir groot inkope en brandstof. Jacobsbaai is een van die min kusjuwele waarvan die glans nog nie verdof is deur te veel straatligte en neon-naamborde nie. Beslis 'n besoek werd."
"I would like to commend LekkeSlaap for their service - I was most pleasantly impressed with the reminder SMS I received to confirm our booking which was then followed by a further SMS confirming the address and booking details.....I will most definitely make LekkeSlaap my first preference when searching for accommodation. It has been an absolute pleasure to work with you."
"Baie lekker as jy stilte en rus nodig het! Waarskynlik nie die ideale plek vir tieners wat aksie soek nie."