Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 59829 resensies.
"So baie om te sien en net te min tyd. Die Kaap is prentjiemooi en die atmosfeer het ons sommer lus gemaak vir vakansie."
"Beautiful just very hot. Street names were a bit of a challenge, as they are not very well marked, but helpful residents guided us."
"Utterly beautiful surrounds and in close proximity to where I was attending my event. Rawsonville town itself isn't anything to write home about but is close enough for the bare essentials."
"Pragtige dorp. Die restaurant wat selfs inwoners in Montagu aanbeveel het om aandete te geniet was gesluit. Die hotel waar ons uiteindelik gaan aansit het om te eet was 'n uiterste mislukking. Twee van die kossoorte op die spyskaart was nie beskikbaar nie."
"Ongelooflike uitsigte met berge en baai, en walvisse wat daar was. Staproetes en bergpaadjie was oneindig en dorpie is skoon en goed onderhou."
"Ons het die Muisbosskerm weereens baie geniet. Isabellas was lekker. Die dorp is maar 'n hartseer gesig. Die water was af gesny, maar die gastehuis was goed voorberei en dit het ons geensins geraak nie. Sekere dele van die dorp is maar baie gehawend."
"Ons reis met 'n klein Teacup Yorkie, 900 g in gewig, wat meeste van die tyd in my vrou se handsak sit. Ons was by verskeie besighede die deur gewys as gevolg van Chloe in my vrou se handsak. By Street Cafe het ons by 'n tafel op die sypaadjie gesit om 'n koffie te bestel en is deur die kelnerin blatant weggejaag! Stilbaai sien ons nooit weer nie."
"Pragtige dorpie. Verskeie besighede gemik op toeriste. Drie wynkelders is stapafstand van 3 Queens. Kwaliteit van restaurante in die klein dorpie sal jou verras."
"Cape Town is my number one holiday destination. That's why I visit annually. The destination is safe and had a lot to offer. I always discover something new."
"Baie mooi skoon dorp en omgewing pragtig. Baie aktiwiteite in en rondom Plettenbergbaai."