Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 59829 resensies.
"Dis 'n baie oulike dorpie, maar dit sou lekker gewees het met restaurante oop, maar ons verstaan dat hulle nie kan oop wees met te min toeriste nie."
"Aangesien dit Paasnaweek was was alles in Calitzdorp toe gewees, wat heeltemal verstaanbaar is."
"Mosselbaai bied 'n wye verskeidenheid aktiwiteite, restaurante en verblyf. Die avonturiers sal versot wees op die staproetes, "zipline", vuurtoringbesoek en vele meer. Daar is heerlike koffiewinkels, restaurante en kuierplekke vir enige besoeker. Geskiedenis en kultuur is ook hoog op die lys van interessante besienswaardighede. Ongelukkig is die bouery by die Diaz museum nie baie verwelkomend nie en die besienswaardigheid is tans nie baie stimulerend en opwindend nie, maar ten spyte hiervan is dit nog die moeite werd om die kasteel en ander inligting te besigtig. Dankie vir die moeite wat gedoen word om die fasiliteite uit te brei en terselfdertyd toeganklik en interessant te maak vir besoekers."
"We were amazed with the cleanliness of the city. Views of Table Mountain absolutely amazing. Would definitely recommend Cape Town as a travel destination."
"It is a lovely place. The Golden Mile Beach is beautiful. We will definitely be back."
"Ons kom gereeld op Yzerfontein omdat dit vinnig bereikbaar is vanaf die Paarl. Daar is baie goeie restaurante en die winkelsentrum is uitstekend. Die dorp is pragtig skoon en word goed onderhou. Mense is vriendelik en behulpsaam. Strande is mooi skoon en mense met rolstoele kan ook die strand bereik."
"Stad self het baie agteruit gegaan, buitedele om Kaapstad het ons baie geniet."
"I find the countryside pretty drab and the weather/wind can be cold and unpleasant. The main attraction in my opinion is access to the Berg River for boating, watersports and fishing."
"Die mooiste stad in die mooi provinsie. Die beste keuse vir 'n vakansie!"
"Jacobsbaai is 'n mooi plek, baie rustig vir 'n wegbreek langs die kus. Sal ek enige een aanbeveel."
"Very beautiful and easily accessible from Cape Town, but have been there many times now and not much new to do."
"Always have an enjoyable stay, hence the reason for returning a few times a year. Enjoy the wide range of restaurants."
"No, it's a preferred petrol stop, however, Beaufort West is not considered a travel destination according to many."
"Besig, maar wat vir my die meeste aandag getrek het, is die Afrikaanse mense rondom ons. Ons het tot so ver as Tsitsikamma gereis in die 6 dae van ons verblyf in Danabaai, Mosselbaai. Die mense is almal vriendelik en so bedagsaam."
"'n Pragtige deel van ons land wat min mense sien! My man het Desember vir die eerste keer die roete gesien en kon nie glo dis so mooi nie - veral die bergpasse. Indien jy deur Ashton/Robertson beweeg, stop by die ou Stasiemark in Ashton vir ete/inkopies. By Robertson is daar die laventelplaas of bootjie by Viljoensdrift. Montagu se ou Art Deco-hotel is ook pragtig om te besoek."
"Dit 'n plek waar mens lekker rustig kan raak, want daar is nie veel goed wat jou aandag gaan aftrek nie."
"Nie te naby of te ver van die Kaap vir 'n naweek nie. Mooi omgewing wat baie bied om te doen."