Cradock Akkommodasie by De Oude Stal | LekkeSlaap
+24

De Oude Stal

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Oude Stal, Glen Alder, Cradock, 5880, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

De Oude Stal is 25 km buite Cradock op die Middelburg-pad (N10) geleë. Die perseel is met 'n 3 km lange grondpad bereikbaar en grens aan die Groot Visrivier. Dit is die ideale oornagplek vir reisigers wat deur die Karoo reis, sport in Cradock bywoon of selfs vir plaaslike aanbiedinge soos die Visrivier Kanomaraton wat jaarliks plaasvind.

De Oude Stal was eens 'n melkstal wat nou in 2 selfsorg-eenhede omskep is. Eenheid 1 het 2 slaapkamers: 1 met 'n dubbelbed en die ander met 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n volledige kombuis, 'n badkamer en 'n sitkamer met 'n kaggel.

Eenheid 2 het 'n oopplan-vertrek met 'n kombuis en 'n volledige badkamer. Die kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n slaapbank.

Eenheid 3 en 4 is vas aan die hoofhuis.

Eenheid 3 het 'n koningingrootte-bed, 'n kombuis met basiese toebehore, en 'n volle badkamer.

Eenheid 4 het 'n dubbelbed en nog 2 enkelbeddens kan voorsien word.

Die eenhede is selfsorg-eenhede en sal voor en na jou verblyf skoongemaak word. Die eenhede beskik oor braaigeriewe en hout kan voorsien word teen 'n ekstra koste. In die somer kan gaste gerus die swembad by die hoofhuis benut. Onderdak-parkeerplek is beskikbaar.

Hier word jy met vars lug en die genot van die vryheid van die plaas. Jy sal ook verwelkom word deur die vriendelike, gasvrye eienaars of die bestuurder.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 11 resensies vir De Oude Stal
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • De Oude Stal, Glen Alder, Cradock, 5880, Oos-Kaap
  • Gaste dink De Oude Stal het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Cradock Karoo Oos-Kaap
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Oude Stal, Glen Alder, Cradock, 5880, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAlbKXoahE5t2tKUnPeeual40yiyqOXzFPncvMU8U9o0jsRJyMul?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (vir 2 persone) 11 5 1 5 De Oude Stal Glen Alder 5880 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.009040317577 25.525156259537
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za