Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fonteinskloof Farm

  • Kapasiteit: 29 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R60 tussen Swellendam en Ashton, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 850 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Fonteinskloof is 'n pragtige plaas aan die voet van die Langeberge, slegs 10 km vanaf Swellendam op die R60 na Ashton. Manjifieke berge vorm 'n agtergrond vir die plaashuis en kothuise wat luuks opgeknap is om gerieflike verblyf te voorsien. Die kothuise bied uitstekende uitsigte oor die berg en die plattelandse landskap.

Daar is 4 nuut-opgeknapte kothuise wat geleë is in 'n rustige omgewing op 'n wildsbokplaas wat dien as 'n tuiste vir talle diere. Van die 4 kothuise is daar 3 met 2 slaapkamers en 1 met 1 slaapkamer. Elke kothuis beskik oor sy eie oopplan-kombuis en -leefarea. Die kothuise spog met uitstekende afrondings in porselein, keramiek of hout en die kombuise het graniet- of houtafwerkings. Alle kothuise het hul eie verandas met braaigeriewe. Die kothuise is selfsorg en volledig toegerus. Elke kothuis het 'n moderne badkamer met handdoeke en toiletware. Al die badkamers het baddens en storte behalwe een kothuis wat beskik oor 'n stort waarin jy kan sit.

Die plaas het 'n swembad en 'n speletjieskamer met 'n pooltafel. Gaste kan hier ontspan na 'n lang dag van doendinge insluitend: voetslaan, fietsry of tennis. Daar is 'n tennisbaan op die plaas wat nou nie Wimbledon is nie, maar tog geskik is vir 'n middagspel. Jy mag dalk net wil ontspan op die stoep en die voëls dophou terwyl jy 'n verfrissende drankie geniet. Jy kan ook op 'n avontuurtog gaan na Swellendam, die derde oudste dorp in Suid-Afrika. Die bekoorlike dorpie met sy lieflike, ou geboue en vele koffiewinkels en restaurante is werklik iets om te beleef. Gaste kan braai in die aande teen 'n ekstra koste. Dit bied jou die geleentheid om rustig by die vuur te sit en die plaas-atmosfeer te geniet terwyl alles vir jou voorberei word.

Ons plaas spog met 10 verskillende wildsboksoorte insluitend: bontebok, eland, springbok, njala en daar is selfs 'n goue wildebees-bul wat te vinde is in ons vyftigtal trop blouwildebeeste. ’n Wildrit in die Land Rover is beskikbaar, Dit kos R600 per gesin vir die 1,5 uur rit. Daar kan ook op die plaas en die omliggende platteland fietsgery word. Daar is ’n voetslaanpad wat gaste na die Langeberg neem en dit bied uitstekende uitsigte.

Hierdie wonderlike plaas is perfek vir die wat bietjie hul batterye wil herlaai.

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 24 resensies vir Fonteinskloof Farm
Netheid
4.7/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

William Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Jaar gelys 8

Ligging

  • R60 tussen Swellendam en Ashton, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Gaste dink Fonteinskloof Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 850
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 850
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 29 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R60 tussen Swellendam en Ashton, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg0YzIyZWViLWI5YWMtNDM5ZC04OGJhLWVhMDQzYTNiMmE3Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 850 per nag (plek vir 4) 24 5 1 5 R60 between Swellendam and Ashton Swellendam 6740 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-18:00 10:00 -33.993277777778 20.350111111111
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem