@ Home#JBay

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 9 Des 2019 tot 16 Des 2019.

Beskrywing

@ Home#JBay is 'n ruim 110 m² vakansie-eenheid in Wavecrest, Jeffreysbaai. Rook is verbode in die eenheid. Die eenheid is ideaal vir 'n klein gesin of groep vriende wat op soek is na 'n gerieflike basis om die gebied te verken en alles te geniet wat Jeffreysbaai bied.

Die tuinwoonstel het 2 slaapkamers en slaapplek vir 5 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 1 enkelbed. 'n Baba-kampbed is op versoek beskikbaar teen geen ekstra koste. Die ruim badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Linne en handdoeke word voorsien. Gaste moet asseblief self strandhanddoeke saambring.

Die kombuis het 'n ontbythoekie en is toegerus met 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, tee, koffie en suiker word voorsien, 'n broodrooster, breekware, eetgerei, strykyster en -plank en wasgoeddraad. Daar is ook 'n wasmasjien, wasgoedstaander en tuimeldroër. Skoonmaakprodukte en toiletpapier word voorsien.
  
Die sitkamer het gemaklike banke en 'n TV met DStv en boeke. Daar is ook 'n eetkamertafel waar gaste hulle etes kan geniet. Vanuit die sitkamer is daar 'n onderdakstoep met stoepmeubels, Weber-braai en 'n pragtige, gedeeltelike see-uitsig.

Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by @ Home#JBay sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na @ Home#JBay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 R1 200 per nag (vir 5 mense)

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 9 Des 2019 tot 16 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za