@ Lavender Country House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

@ Lavender Country House is ’n stylvolle gastehuis in die middel van wingerde en damme op ’n klein plaas naby Stellenbosch in die Kaapse Wynlande. Dié streek is een van die gewildste toeristebestemmings in die Wes-Kaap, met meer as 145 wynlandgoedere.

Verblyf word gebied in 3 slaapkamers, wat elk ’n balkon het, of ’n grondverdieping-woonstel met ’n privaat stoep. Die slaapkamers het elk ’n dubbelbed en ’n dagbed vir ’n kind, asook toegang tot ’n privaat badkamer.

Gaste kan in die swembad afkoel, in die tuine ontspan met die pragtige berg- en wingerd-uitsig, of heerlik by die kaggel in die sitarea ontspan. Daar is heerlike sithoekies oral in die tuin om net die natuurskoon en voëllewe te geniet.

Gaste kan ’n kort rit Stellenbosch of Somerset-Wes toe neem waar hulle heerlike etes by verskeie restaurante kan geniet, daar is ook wynproe op die omliggende plase, museums on kusdorpies soos die Strand en Gordonsbaai naby.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na @ Lavender Country House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za