@ The Beach

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

@ The Beach is 'n nuwe, minimalistiese tog moderne selfsorg-strandkothuis in die Pearly Beach Oord. Die eenheid bied slaapplek aan 4 gaste en is ideaal vir 'n klein gesin, groep vriende of paartjies wat wil ontspan en die natuurskoon van die omgewing wil verken. Kinders kan veilig in die oord rondbeweeg, van die verskeie speelparkies gebruik maak, fietsry en die Pearly Beach Winkel gaan besoek.

Die kothuis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 stortkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Bedlinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n wasmasjien, stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die sitkamer het lieflike, groot vensters en deure waardeur die kothuis verlig word. Daar is ook 'n Oregon-bankie met groot kussings om op te ontspan voor die platskerm-TV met OpenView HD, musiek te luister, of 'n boek of tydskrif van die biblioteek te lees.

Buite het gaste die keuse om op die onderdakstoep ontspan terwyl hulle 'n boek lees, of hul oggendkoffie in die son geniet. 'n Draagbare braai is beskikbaar, sowel as 2 buitetafels en -bankies aan albei kante van die kothuis. Let asb. op dat die kothuis heeltemal ommuur is vir privaatheid.

Die kothuis het ook 'n koue buitestort om af te spoel nadat gaste van die strand af terugkeer, of sommer net om af te koel op warm somerdae.

Slaapplek

'n Bespreking by @ The Beach sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na @ The Beach gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za