V & A Waterfront Akkommodasie by 005 Palgrave | LekkeSlaap
+66

005 Palgrave

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marina Residential, Palgrave 005, V&A Waterfront, 8001, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R12 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

005 Palgrave is 'n luukse selfsorg-villa in die V&A Waterfront op die gesogte Waterfront Marina Residensiële Landgoed. Die woonstel het 'n uitsig oor die marina en spog met moderne binnenshuise versiering met luukse afwerkings, 'n pragtige uitsig en 'n privaat plonspoel. Dit is alles op hierdie veilige landgoed beskikbaar.

Die villa bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 4 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die kamer het ook 'n platskerm-TV teen die muur. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n gastebadkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n tafel met sitplek vir 6 gaste en 'n toonbank met stoele. Die eetarea het sitplek vir 10 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en toegang tot die stoep. Daar is ook 'n TV-kamer met 'n L-vormige rusbank en 'n platskerm-TV teen die muur met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi word voorsien.

Slaapplek

’n Bespreking by 005 Palgrave sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Ligging

  • Marina Residential, Palgrave 005, V&A Waterfront, 8001, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R12 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf R12 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marina Residential, Palgrave 005, V&A Waterfront, 8001, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5913fa9163b4fdf453b3e7dc07570e12c373d463ff12792c830d8bd5d9f143e348d976d486ee2b249c89f65362e9c0ef21fb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R12 000  per nag (plek vir 6) Marina Residential 005 Palgrave 8001 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.909727086128 18.418133854866
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za