08 The Boardwalk

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

08 The Boardwalk is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Houtbaai, Kaapstad. Die kompleks is 5 minute vanaf die wit sandstrand en die omliggende berge met wandelpaadjies.

Dié woonstel is volledig gemeubileer en het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamers het 'n bad of stort met 'n wasbak en toilet. Die oopplan-kombuis het 'n Smeg-ketel en -broodrooster, yskas, mikrogolfoond, oond, stoof en wasmasjien.

Die leefarea het 'n etenstafel sitplek vir 6, en die sitkamer het 'n kaggel en 'n TV met Netflix, YouTube en 'n internetverbinding sodat gaste op eie onkoste kan inteken om flieks en TV-reekse te kyk. Die leefarea lei na 'n balkon met stoepmeubels en 'n braaiplek waar gaste skemerkelkies kan geniet.

Die kompleks is in die hoofstraat met uitstekende restaurante, kafees en Houtbaai se gewilde naweekmark.

Slaapplek

'n Bespreking by 08 The Boardwalk sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 08 The Boardwalk gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 R808 per nag (plek vir 4)

Kry 15% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za