1 Longbridge House & Garden Flat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

1 Longbridge & Garden Flat is op die Kingswood Gholflandgoed in George geleë. Albei eenhede is smaakvol gemeubileer en afgewerk. Die huis en tuinwoonstel kan as 'n geheel of apart bespreek word.

Die hoofhuis het 3 ruim en gemaklike slaapkamers met en suite-badkamers. Die kombuis is volledig toegerus met 'n skottelgoedwasser, tuimeldroër en wasmasjien. Die lieflike sitkamer en eetkamer het 'n platskerm-TV met vol DStv, 'n DVD-speler en 'n gaskaggel. Die glasdeure maak op die groot stoep met 'n onderdak-braaiplek en beeldskone uitsigte oop. Daar is 'n tussendeur tussen die hoofhuis na die tuinwoonstel.

Die tuinwoonstel is smaakvol gemeubileer en het 1 slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Daar is 'n tweede bed in die woonstel se sonkamer vir 'n derde gas. Die hoofslaapkamer het 'n platskerm-TV met DStv. Die kombuisie is toegerus met 'n ketel, broodrooster, mikrogolfoond met rooster, tweeplaatstoof en elektriese braaipan. Daar is 'n mini-Weber op die privaat stoep.

Gaste kan gerus dag of nag op die veilige gholflandgoed rondwandel, ongeag of dit vir gholf, stap, fietsry, draf of voëlkyk is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 1 Longbridge House & Garden Flat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 675 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]