1 Point Village Guesthouse & Holiday Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

1 Point Village Guesthouse & Holiday Cottages het die beste ligging van al die gastehuise in Mosselbaai op die Tuinroete. Die gastehuis is in die Punt geleë en ons bied verskillende tipes akkommodasie: gastehuis, B&B en selfsorg.

1 Point Village Guesthouse & Holiday Cottages is net 20 - 60 meter van die see, getypoel en seekantwandelpaadjies af en die uitsigte van die balkonne af is absoluut asemrowend. Ons slaapkamers is gerieflik, ons ontwerperskothuise is pragtig en ons het ook 'n luukse Wittebrood-Dakwoonstel. Elke eenheid het sekere DStv-kanale en gaste kan gerus van die swembad en oopplan-leefarea gebruik maak.

Nuttig 'n luilekker ontbyt by die nabygeleë seekantrestaurant, Delfino's, en aandete by die bekende Kingfisher Seafood Restaurant, Dros of Big Blu Tapas Bar.

Kyk gerus uit vir die dolfyne, haaie en walvisse (binne seisoen). Ons ligging is perfek! Gholfbane en vermaak is ook baie naby aan 1 Point Village Guesthouse & Holiday Cottages. Daar is veilige parkeerplek vir jou motor en jy kan rustig loop na al die besienswaardighede sonder om oor misdaad bekommerd te wees. Die weer is ook so te sê perfek en die baai is wonderskoon.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 1 Point Village Guesthouse & Holiday Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za