1 Sunset Close

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

1 Sunset Close is 'n pragtige gesinshuis wat oor Llandudno se strand kyk. Gaste kan asemrowende see-uitsigte vanuit dié smaakvol versierde vierslaapkamerhuis geniet. 1 Sunset Close is in 'n stil keeromstraat naby Llandudno se strand en dié Blouvlagstrand is 'n gunsteling onder branderplankryers.

Die en suite-slaapkamers bied toegang tot 'n privaat dek waarvandaan gaste die uitsig kan geniet. Die binnehuise versiering van Sunset Close is kalmerend en kontemporêr met 'n warm atmosfeer, Franse eikehoutvloere onder en boekenhoutvloere bo. Die swembad, wat 'n veiligheidsnet het, is voor die huis en gaste kan die ononderbroke uitsigte oor die strand en see van die sonstoele af geniet. Daar is ook 'n stoep met glasstapeldeure, 'n braaiplek buite en 'n dek bo met mooi uitsigte.

Daar is 3 en suite-slaapkamers bo en nog 'n en suite-slaapkamer met 'n aparte ingang op die grondvloer. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Dié slaapkamer het 'n aantrekkamer en die stort kyk uit oor die see. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort wat oor die see kyk. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet wat oor die see kyk. Daar is ook sekere DStv-kanale, 'n klein balkon met 'n ontbythoekie wat oor die see kyk, 'n sitkamer, ketel, mikrogolfoond en 'n yskas in dié kamer. Elke slaapkamer het lugversorging.

Die huis het verhitting, 'n kaggel, sekere DStv-kanale, Apple TV, 'n haardroër, WiFi, wasser-droër en 'n volledige sekuriteitsstelsel. 'n Skoonmaakdiens is beskikbaar en daar is parkeerplek op die perseel.

Luister na die branders wat teen die rotse breek, swem in die swembad, ontspan op 'n sonstoel op die dek en kuier om die vuur. Dié pragtige kusdorpie is aan die voet van Klein-Leeukop geleë en daar is geen winkels in dié privaat area nie. Kampsbaai en Houtbaai is 10 tot 15 minute se ry weg en daar is verskeie kroeë, restaurante en winkels.

Slaapplek

'n Bespreking by 1 Sunset Close sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 1 Sunset Close gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R27 210 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]