Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

10 Alexander B&B

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Alexanderstraat 10, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 730 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

10 Alexander B&B bied outentieke, warm, Suid-Afrikaanse gasvryheid in 'n dubbelverdieping-gebou is Stellenbosch, die tweede oudste dorp in Suid-Afrika. Hierdie B&B is gerieflik geleë vir vinnige wandelings na die middedorp waar gaste fynproewerskos kan geniet, inkopies doen, die toerismeburo en plekke van geskiedkundige belang kan besoek. Stellenbosch Universiteit met sy wêreldbekende musiekkonservatorium is ook naby. Dit is die ideale basis vir gaste wat die wynlandgoedere, gholfbane en die Kaapse Skiereiland, Hermanus, Franschhoek en pragtige strande wil besoek. Kaapstad Internasionale Lughawe is net 36 km ver.

Die B&B bied 8 knus, huislike gastekamers en maak vir verskeie gaste voorsiening, van enkelreisigers tot paartjies tot groepe van 21 gaste. Elke kamer is uniek versier met aandag aan detail en die rustieke meubels, warm kleure en oorspronklike kunswerke dra tot die tradisionele, ou Kaapse atmosfeer en gemak by. Vars 100%-kantoenlinne, superieure gehalte-matrasse, -kussings en -duvets verseker 'n goeie nagrus. Elk van die 8 gastekamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, sowel as toiletware en gehalte-handdoeke. Daar is lugversorging, waaiers, 'n platskerm-TV en 'n lessenaar in elke kamer.

Die gastekamers maak van gemeenskaplike kombuise gebruik wat ideaal is vir die voorbereiding van skemerkelkies, pieknieks of peuselhappies. Die kombuise bied ook elk 'n koffiestasie, eerlikheidskroegie, gasstoof, yskas, mikrogolf en kookgerei. Komplimentêre koffie, verskeie tees, melk en suiker word voorsien en gaste kan gerus van die geriewe gebruik maak om hulle eie verversings te maak. Ongeag die kamer wat gaste kies, die tarief sluit 'n heerlike, spesiale plaasontbyt in wat in die pragtige ontbytkamer met 'n uitsig oor die swembad en lowerryke tuin bedien word.

Spesiale aandag word aan die skoonmaak en opmaak van die kamers gegee en daar is WiFi oral op die perseel. Gaste kan ook met gemoedsrus slaap en weet dat hulle motors op die perseel agter 'n hek geparkeer is.

Gaste kan lekker buite by die swembad ontspan, terwyl hulle sommer hulle oë vir voëlspesies in die bome oophou - ideaal na 'n lang dag van Stellenbosch verken. Diegene wat graag 'n bietjie wil wegkom, maar ook van niksdoen hou, kan rustig sit en lees of langs die swembad sonbaai.

Of gaste op soek is na 'n privaat selfsorgwoonstel of geriewe vir 'n groep of gesin, 10 Alexander B&B maak vir almal voorsiening.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 3 resensies vir 10 Alexander B&B
Netheid
4.7/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Alexanderstraat 10, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Gaste dink 10 Alexander B&B het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 730
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R2 730
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Alexanderstraat 10, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe7fdd9086270aba0e14800d14339a77979c2192a45eee36ca2b9c968aa50fb2928d76374ec1f17e78fcdc2927d0a66492c48?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 730 per nag, vir 2 mense 3 5 1 5 10 Alexander Street Stellenbosch 7600 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 11:00 -33.936207 18.853298