10 Birkenhead - HC1

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

10 Birkenhead is 'n selfsorgwoonstel wat in 'n kompleks langs die hoofstraat in sentrale Hermanus geleë is. Dié gewilde vakansiedorp, aan die suidelike kus van die Wes-Kaap is wêreldberoemd vir sy fantastiese walviskyk-geleenthede, hetsy vanaf land of boot. Hermanus se natuurskoon, matige klimaat, buitelug-doendinge, ryk flora en nabyheid aan Kaapstad maak dit die ideale basis vanwaar die Kaapse Overberg verken kan word.

Die woonstel bied slaapplek vir 6 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer 2 enkelbeddens. Die aparte, tweede badkamer is ingerig met 'n bad, stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, stoof, oond, yskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die eetkamer het sitplek vir 6 gaste. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die leefarea lei na 'n balkon met braaigeriewe en 'n skouspelagtige uitsig van die see. Die eenheid is privaat, veilig en bied parkeerplek op die perseel, asook ondergrondse parkeerplek.

Slaapplek

'n Bespreking by 10 Birkenhead - HC1 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 10 Birkenhead - HC1 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 530 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za