10 Coral Cove

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

10 Coral Cove is 'n seekantwoonstel in die hartjie van Ballito en dis ideaal vir 'n naweekwegbreek of 'n luilekker vakansie.

Hierdie elegante grondvloerwoonstel het 2 slaapkamers en bied slaapplek vir 6 gaste. Daar is 2 badkamers, een met 'n bad en die ander een met 'n stort. Die volledig toegeruste kombuis het 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, oond en stoof. Die sitkamer maak oop op 'n klein stoep met 'n Weber-braai en gedeeltelike uitsigte oor die see van die kant af. Die woonstel het ook volledige DStv, Netflix-films en onbeperkte WiFi.

Die swembad, baba-swembad en gemeenskaplike braai-area word met die aangrensende kompleks gedeel. Daar is 1 motorafdak beskikbaar. Let asseblief daarop dat 'n groter voertuig (soos 'n SUV) nie in hierdie parkeerruimte sal pas nie, maar daar is alternatiewe parkeerplek in die kompleks, net 20 meter van die woonstel af. 'n Mens verkry toegang tot die kompleks met 'n afstandbeheer.

Die woonstel is stapafstand van puik restaurante in die omgewing, winkels, 'n mediese sentrum, klubs en kroeë af. Besoek gerus die volgende restaurante wat stapafstand van Coral Cove af is: Al Pescatore, Mo-Zam-Bik, Fiamma Grill en The Balley Beach Bar & Grill.

Die bekendste swemstrand in Ballito is Willard Beach. Hierdie strand het Blouvlagstatus. Besoekers kan 7 dae per week heerlik hier swem onder die wakende oog van gekwalifiseerde lewensredders en met die beskerming van haainette.

Slaapplek

'n Bespreking by 10 Coral Cove sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 10 Coral Cove gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za