10 La Mustique

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

10 La Mustique is 'n volledig gemeubileerde selfsorgwoonstel in die veilige Mustique-kompleks in die hartjie van Ballito met 'n uitsig oor die strand. Hierdie woonstel is gemáák vir 'n rustige seevakansie.

Dit het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde kamers beskik elk oor 2 enkelbeddens. Hierdie 2 kamers deel 'n tweede badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die sitkamer het 'n plasma-TV met DStv-hotelpakket. Dit lei na 'n balkon met 'n elektriese braai, stoepmeubels en volledige see-uitsigte.

Die kompleks het ook 'n omheinde gemeenskaplike swembad en 'n lapa- en braai-area. Veilige parkeerplek buite is beskikbaar. La Mustique het direkte toegang tot die promenade waar 'n mens lekker langs die strand kan stap en is direk oorkant die bekende Granny's-getypoel.

Slaapplek

'n Bespreking by 10 La Mustique sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 10 La Mustique gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 650 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za