LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Mahe 10 | LekkeSlaap
+30

Mahe 10

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Finnis-weg, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 070 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Mahe 10 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n woonstel met 3 slaapkamers op die vierde verdieping van 'n veilige kompleks in Margate. Die kompleks is oorkant Margate se visvanghoof en dit bied lieflike see-uitsigte. Die kompleks is gerieflik geleë, stapafstand van Margate se strand en 'n verskeidenheid plaaslike en ketting-eetplekke af.

Die woonstel het lugversorging en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Dit bied slaapplek vir 6 gaste en daar is 2 dubbelbeddens en 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer het see-uitsigte, lugversorging, 'n TV en 'n en suite-badkamer met 'n stort met 'n masseerfunksie. Die tweede en derde slaapkamers het plafonwaaiers en toegang tot die tweede badkamer met 'n bad. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond en wasmasjien toegerus. Die kombuis het ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies en dit is oopplan met die leefarea met 'n leer sitkamerstel, lugversorging, 'n TV met klankversterkers, 'n DVD-speler en DStv Premium. Die sitkamer het skuifdeure wat lei na 'n ruim balkon met 'n buite-eetstel, gasbraai en see-uitsigte.

Die kompleks is veilig met afstandbeheerde hekke en die woonstel het 'n dubbeltoesluitmotorhuis. Linne word op al die beddens voorsien en gaste moet hul eie swem- en badhanddoeke saambring. Daaglikse skoonmaakdiens is op versoek beskikbaar, afhangende van beskikbaarheid en teen 'n ekstra koste. Daar is kroeë, skemerkelkie-kroeë en klubs naby die kompleks. Margate se strand het verskeie vermaaklikheidsopsies en daar is haainette en lewensredders. Die nuwe kompleks het grasperke vir kinders om op te speel, 'n gemeenskaplike braai-area en 'n swembad op die dek met onderdakbraaigeriewe.

Slaapplek

’n Bespreking by Mahe 10 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Finnis-weg, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 070
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 070
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Finnis-weg, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA5OGU5ZWY0LTFkODQtNDEyZC1iODljLWY3YzZmYTdmOTM4Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 070  per nag (plek vir 6) Finnis Road Margate 4275 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-23:00 09:00 -30.865569350277 30.371001152279
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!