LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 10 Marichel | LekkeSlaap
+10

10 Marichel

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ocean-rylaan 87, Shakas Rock, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R5 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

10 Marichel is 'n luukse selfsorg-dakwoonstel in die veilige Marichel-kompleks, met 'n ononderbroke uitsig oor Thompsonsbaai. Die kompleks het 'n privaat hek wat die Marichel-eenhede toegang tot die strand gee. Die strand het 'n groot getypoel en word gedurende die spitsseisoen deur lewensredders beveilig. Gaste kan al langs die strand vanaf Thompsonsbaai na die Willards-strand in Ballito stap.

10 Marichel het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 en suite-slaapkamers, 'n kombuis, 'n opwaskamer, 'n eetarea, 'n TV-sitkamer, 'n formele sitkamer en 'n stoep-sitkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, bidet en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die derde en vierde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is see-uitsigte vanuit 3 van die kamers en al die kamers het waaiers.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en beskik oor graniet-werksoppervlaktes. In die opwaskamer is daar 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die TV-sitkamer beskik oor 'n platskerm-TV met volledige DStv. In die eetarea is daar 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste.

Die woonstel het groot stapeldeure wat toegang bied tot 'n stoep met 'n tafel met sitplek vir 6, sonstoele en 'n Weber-braai.

Die Marichel-kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en veilige parkeerplek word voorsien.

Slaapplek

’n Bespreking by 10 Marichel sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Ocean-rylaan 87, Shakas Rock, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R5 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R5 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ocean-rylaan 87, Shakas Rock, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAlOu0v8cFyO6wHmFMdJEcpaVFmDjEqZDBDrr3aYjosFzyGOCp9z?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R5 000  per nag (plek vir 8) 87 Ocean Drive Shakas Rock 4399 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.52104 31.22708
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!