10 Mont Bleu

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

10 Mont Bleu bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n woonstel met 3 slaapkamers wat ten volle gemeubileer is. Dit is in 'n sekuriteitskompleks met elektriese hekke in Bloubergstrand. Die kompleks is gerieflik geleë binne loopafstand vanaf restaurante, kroeë en die strand.

Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste in 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n tweede badkamer met 'n bad en 'n stort. Die kombuis het 'n ontbyttoonbank en dit bied toegang tot die oopplan-leefarea en -eetkamer. Die kombuis is met 'n oond, stoof, yskas en mikrogolfoond toegerus. Daar is 'n TV met sekere DStv-kanale in die sitkamer. Gaste kan lekker op die balkon braai na 'n dag op die strand.

Veilige parkeerplek is in 'n dubbelmotorhuis met elektriese deure en direkte toegang tot die woonstel beskikbaar. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring. Bloubergstrand se strande is ideaal vir sonbaai, wandelings, branderplankry, seilplankry en vlieërplankry. Die woonstel is ideaal geleë naby 'n MyCiTi-busstop. Kaapstad en die V&A Waterfront is sowat 35 minute weg en Kaapstad Internasionale Lughawe is sowat 40 minute weg.

Slaapplek

'n Bespreking by 10 Mont Bleu sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 10 Mont Bleu gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za