LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 10 Mount Champagne | LekkeSlaap
+15

10 Mount Champagne

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mount Champagne-oord, Champagne-vallei, 3340, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

10 Mount Champagne is in die Mount Champagne-oord in die Champagne-vallei geleë en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of groep vriende.

Dié dubbelverdieping-grasdakhuis het 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 8 gaste. Die hoofslaapkamer is op die grondverdieping en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en daar is 'n aparte badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak. Die derde en vierde kamer is op die boonste verdieping en het elk 'n koningingrootte-bed. Daar is 'n aparte badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die sitarea het gemaklike banke, 'n kaggel en 'n TV met DStv. Die eetarea het oorgenoeg sitplek.

Daar is lieflike braaigeriewe wat gaste kan geniet.

Die oord het 'n gemeenskaplike swembad, 'n speelgrond, tennisbaan, kanoes en bied toegang tot verskeie voetslaanpaaie. Langsaan is die wêreldbekende Drakensberg Seunskoor wat elke Woensdag optredes het.

Veilige parkeerplek word voorsien.

Dis naby gholfbane, restaurante, 'n klein supermark, dagspa's en bierbrouery. Dis 'n wonderlike wegbreekbestemming met verskeie doendinge vir oud en jonk, soos perdry, abseil, helikoptevlugte, voetslaan, voëlkyk, die Drakensberg-boomtoptoere, zip-lining, visvang en veel meer.

Slaapplek

’n Bespreking by 10 Mount Champagne sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Mount Champagne-oord, Champagne-vallei, 3340, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mount Champagne-oord, Champagne-vallei, 3340, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAWanbXiJIJQZDhTz9K49jXwE6JARedz3i9DHvZN0zyocJKkzcCC?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 500  per nag (plek vir 8) Mount Champagne Resort Champagne Valley 3340 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.026401 29.432714
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!