10 Stafford Place

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 4 Nov 2019 tot 1 Des 2019.

Beskrywing

10 Stafford Place bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n gemeubileerde grondvloer-eenheid met 2 slaapkamers. Dit is ideaal geleë in 'n rustige kompleks, in die hartjie van Uvongo.

Die woonstel met lugversorging is op die grondvloer, naby aan die gemeenskaplike swembad. Dit beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer lei deur glas-skuifdeure na die binnehof en het 'n dubbelbed. Die tweede slaapkamer beskik oor 2 enkelbeddens. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie strand- en badhanddoeke bring. Die badkamer het 'n bad en 'n stort en die oopplan-leefarea is ingerig met 'n dubbelslaapbank, 'n eetkamertafel, en 'n TV met 'n DVD-speler en 'n DStv-dekodeerder met die familie-pakket. Die kombuis het 'n yskas, 'n stoof met 'n oond, 'n skottelgoedwasser, 'n tuimeldroër, 'n mikrogolfoond en 'n wasmasjien. Die leefarea lei deur glas-skuifdeure na 'n klein binnehof-tuin wat gedeeltelik onderdak is met 'n ingeboude braai en buitemeubels.

Die eenheid is oral toegerus met diefwering en traliehekke vir gaste se veiligheid en gemoedsrus. Die kompleks het ook 'n elektriese heining en afstandbeheerde hek-toegang. Daar is onderdakparkeerplek beskikbaar vir gaste reg voor die eenheid en daar is parkeerplek vir sleepwaens naby.

10 Stafford Place is naby verskeie restaurante, kroeë, winkels en die Uvongo-strand Uvongo is geleë by die mond van die Vungu-rivier, wat 'n pragtige 23 m waterval het. Dit loop vanuit 'n klein kloof in die strandmeer in.

Slaapplek

'n Bespreking by 10 Stafford Place sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Dienste

  •  Diens op aanvraag

Elektriese Toebehore

  •  Yskas

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 10 Stafford Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 R520 per nag (plek vir 6)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 4 Nov 2019 tot 1 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za