100 Beach Crescent

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

100 Beach Crescent is 'n selfsorg-vakansiehuis in Bloubergstrand. Dié voorstad spog met 'n pragtige uitsig op Tafelberg en is ideaal vir diegene wat Kaapstad en omgewing besoek. Die strand is uitstekend vir watersportsoorte, soos seilplank- en vlieërbranderry, en ander doendinge in daar naby sluit vierwielmotorfiets, voetslaan, inkopies en uiteet in.

Dié dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 12 gaste en beskik oor 6 slaapkamers, 5 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede, derde en vierde slaapkamer het koningingrootte-beddens en en suite-badkamers met storte. Die vyfde slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en die sesde kamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n gaste-toilet bo en 'n badkamer met 'n stort en bad onder.

Die kombuis het 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware en ontbyttoonbank met stoele. Die eetarea het sitplek vir 8 en die sitkamer het 'n gemaklike L-vormige rusbank en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.

Daar is ook 'n tweede sitkamer met 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die voorstoep bied 'n see- en berg-uitsig en beskik oor 2 etenstafels, elk met sitplek vir 6. Die agterstoep het 'n ingeboude braai en nog 'n etenstafel met sitplek vir 6.

Slaapplek

'n Bespreking by 100 Beach Crescent sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 6 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 100 Beach Crescent gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 950 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za