100 Loader Penthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

100 Loader Penthouse is 'n pragtige, ruim selfsorg-dakwoonstel met wonderlike uitsigte op Tafelberg. Dié gesogte woonstel is ingerig om aan die hoogste standaarde te voldoen wat jou verblyf hier 'n spesiale, luukse ervaring sal maak.

Die dakwoonstel bied slaapplek vir 2 gaste. Die pragtige slaapkamer het lugversorging, 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser. Die sitkamer het 'n platskerm-TV met DStv en 'n DVD-speler. Die hele woonstel is bedraad met 'n klankstelsel met 'n CD-speler en 'n iPod-koppelstasie. Internet is teen 'n ekstra koste beskikbaar.

Die woonstel maak oop op 'n terras wat oor die baai kyk en 'n binnehof met 'n sonverhitte-swembad en Seinheuwel in die agtergrond. Daar is ook 'n groot terras op die dak met ligte, 'n klankstelsel en 360°-uitsigte van Kaapstad se stadsprofiel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Kluis

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 100 Loader Penthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 500 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za