102 Ocean View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

102 Ocean View bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n moderne tweeslaapkamerwoonstel wat op Kusweg in die Strand geleë is. Die woonstelblok bied uitsigte oor Valsbaai en die ontwerp is geïnspireer deur 'n arend se oopgespreide vlerke om 'n gevoel van ruimte te skep.

Die woonstel kan tot 4 mense akkommodeer en dit bestaan uit 2 en suite-slaapkamers en 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetkamer. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n koningingrootte-bed, 'n volle en suite-badkamer en 'n TV. Die tweede slaapkamer bevat 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die oopplan-sitkamerarea bied see-uitsigte en daar is 'n TV met stroom-DStv en WiFi-toegang. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n oond en 'n stoof, 'n wasmasjien, 'n yskas en 'n mikrogolfoond.

Gaste geniet toegang tot 'n gemeenskaplike swembad en 'n braaiplek. Die woonstelblok het 'n ontvangsarea met 24 uur-toegangsbeheer, geslotekringtelevisie en 'n afstandbeheer-hek. Onderdakparkeerplek word voorsien.

102 Ocean View is ideaal geleë op die Strand se Kusweg. Gaste kan 'n hele rits doendinge hier geniet. Dit sluit in gholf, wandelinge op die strand, swem in die see of branderplankrysessies in Valsbaai se warm water. Gaste kan gaan gholf speel by van die beste klubs in die area, gaan inkopies doen by Somerset Mall of bekroonde wyne by een van die wynplase in die area gaan proe. Skilderagtige roetes, voetslaan en fietsry in die berge is ook gewilde doendinge.

Slaapplek

'n Bespreking by 102 Ocean View sluit in:

-

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 102 Ocean View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 150 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za