LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 103 Granada | LekkeSlaap
+8

103 Granada

6 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: H/v Marine-rylaan en Harley Davidson-rylaan, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

By 103 Granada sal jy so tuis soos by jou eie huis voel. 103 Granada is 'n volledig opgeknapte, goed toegeruste luukse selfsorgwoonstel teen 'n bekostigbare prys. Dit het 2 slaapkamers, die hoofslaapkamer het 'n en suite-stort en dan is daar 'n aparte volle badkamer met 'n stort vir die tweede slaapkamer. TV's met volledige DStv is in die hoofslaapkamer en sitkamer geïnstalleer vir jou vermaak en sodat jy nie jou eie dekodeerder of slimkaart hoef te bring nie.

Die groot balkon met see-uitsigte en 'n ingeboude braai wag op jou. As jy verkies om te gaan kuier, is Margate lekker naby. Margate spog met 'n opwindende naglewe met restaurante en nagklubs naby Granada.

Die kombuis is volledig toegerus, en beskik oor 'n skottelgoedwasser, outomatiese wasmasjien, stoof en mikrogolfoond. Die hoofslaapkamer en leefareas beskik oor lugversorging vir die warm somersdae.

Gratis, veilige parkeerplek is onder die eenheid beskikbaar en 'n hysbak verleen toegang. Daar is 2 kelderparkeerplekke beskikbaar.

Granada is naby die Margate-hoofstrand, tussen restaurante, kafees en nagklubs geleë. Die atmosfeer is vrolik en lewendig. As jy op soek is na rustige verblyf, is hierdie opsie beslis nie vir jou geskik nie. Ongeag die geraas, is baie gaste steeds baie in hul noppies met die lekker verblyf wat ons bied.

'n Hoofpaadjie van net 60 m neem jou reguit na Margate se hoofstrand. Alles wat jy nodig het van 'n groot verskeidenheid restaurante en naglewe en inkopiesentrums is reg op jou drumpel. Jy hoef nooit jou voertuig gedurende jou verblyf te gebruik nie, behalwe as jy nabygeleë aanbevole plekke wil besoek bv. Oribi Gorge, Uvongo Strandwaterval, Die Waffle House, Banana Express (stoomtrein-uitstappies), stampkarretjies, 'n aantal gholfbane, Wild Coast Sun met glypark, Voëlpark en Krokodilplaas. Dit is als 'n kort entjie se ry weg.

Die woonstel bied slaapplek vir 6 mense (2 in sitkamer op 'n slaapbank) .

103 Granada is 'n selfsorg-eenheid en linne word voorsien. Gaste moet egter hul eie bad- en swemhanddoeke bring.

Slaapplek

’n Bespreking by 103 Granada sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 6 resensies vir 103 Granada
Netheid
4.2/5
Diens
4.0/5
Ligging
3.8/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • H/v Marine-rylaan en Harley Davidson-rylaan, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 103 Granada het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R650
per nag (plek vir 6)
Vanaf R650
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: H/v Marine-rylaan en Harley Davidson-rylaan, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDIzN2NmZWRlLWZhOTQtNGYyNy04YjlkLTIwYjdhODY4N2VmMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R650  per nag (plek vir 6) 6 5 1 4 Cnr Marine Drive & Harley Davidson Drive 4275 KwaZulu-Natal 086 999 0018 12:00-00:00 09:00 -30.86133521624 30.370556116104
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!