103 The Dunes

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kom bly gerus by dié moderne selfsorg-eenheid in The Dunes Resort in Keurboomstrand naby Plettenbergbaai as jy volgende keer die Tuinroete verken. Ons is 'n hanetreetjie van die strand af en daar is 'n geplaveide wandelpaadjie wat na die strand lei.

Die eenheid bied slaapplek vir 4 gaste en ook vir 2 kinders of 1 volwassene op die slaapbank in die sitkamer. Die eenheid het 'n oopplan-sitkamer en -eetkamer en 'n kombuis met 'n skottelgoedwasser en 'n badkamer op die onderste vloer. Die hoofslaapkamer, tweede slaapkamer en tweede badkamer is op die boonste vloer. Dubbeldeure lei na die omheinde, privaat tuin met 'n ingeboude braai, bedekte onthaalarea en 'n motorafdak. Bad- en strandhanddoeke vir 4 gaste word voorsien. Skoonmaakdienste word nie voorsien nie.

Geriewe op perseel sluit die volgende in: die oord se DStv-pakket met 8 kanale, 'n restaurant en kroeg, 'n haarsalon, winkels, 2 swembaddens, 'n speelgrond met swaaie en 'n trampolien, 'n wassery met 'n wasdiens, 'n karwasdiens, 'n visskoonmaakstasie, ablusiegeriewe en 'n uitkykdek by die strand vir walvis- en dolfynkyk. Parkeerplek vir bote en sleepwaentjies kan op versoek voor aankoms gereël word.

Doendinge in die omgewing sluit die volgende in: visvang, walvis- en dolfynkyk, riviervaarte, bootry, kano, voëlkyk, voetslaan, perdry, gholf, bergfietsry, fietsry, reksprong, valskermspring, wildkyk en -ritte, wynproe, 'n aantal dieretuine en voëlparke, 'n beskermingsgebied vir wolwe en 'n legkaartpark en avontuurpark.

Interessante plekke in die omliggende area sluit talle historiese gedenktekens, die Nelson's Bay Grot by Robberg Natuurreservaat, 'n argeologiese terrein uit die Steentydperk op die Robberg Skiereiland met bewyse van menslike aktiwiteit van 125 000 jaar gelede en een van die grootste seemeeu-broeikolonies by die Keurboomsriviermonding in.

Die eenheid is gewild onder gesinne, natuurliefhebbers, hengelaars, voëlkykers en voetslaners wat die Otterroete stap van Tsitsikamma Nasionale Park (65 km) na Nature's Valley (34 km). 'n Ideale oornagplek vir gaste wat van en na die Addo Olifantpark (304 km) en Qunu in die Oos-Kaap (682 km) reis, waar Nelson Mandela op 15 Desember 2013 op sy gesin se eiendom begrawe is.

Slaapplek

'n Bespreking by 103 The Dunes sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 103 The Dunes gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 700 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]