107 Park Street Studio

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dié eiesoortige plaas-ateljeewoonstel is in die pragtige, rustige dorpie Greyton geleë. Dit is die ideale plek om van moderne geriewe en tegnologie te vergeet en jou in die natuur te verlustig, te gaan wandel, bergfietsry en vars lug in te asem.

107 Park Street Studio is 'n regte plattelandse juweel in 'n baie stil deel van Greyton. Hiér sal gaste lekker kan afskakel. Die ateljeewoonstel het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en katoenlinne en handdoeke word voorsien. Daar is 'n oopplan-leefarea met 1 leunstoele en 'n lieflike houtvuur-kaggel. Bring asb. jou eie hout en vuuraanstekers.

Die badkamer is geteel en beskik oor 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, yskas, klein skottelgoedwasser, breekware en eetgerei vir 2. Die kombuis is meer geskik vir etes warm maak en nie vir kook nie.

Daar is 'n deur wat na die privaat stoep en tuin lei. Gaste is net 'n hanetreetjie van die natuurreservaat af waar hulle lekker kan stap en voëlkyk. Die ateljeewoonstel het diefwering, maar nie 'n alarmstelsel nie. Agter die kothuis het gaste hulle eie ingang na die erf.

Daar is nie WiFi of TV nie, maar 3G is beskikbaar.

Besprekings kan by restaurante gemaak word, fietse kan gehuur word, en masserings en gesing-behandelings is net 5 minute se stap van die eenheid af beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by 107 Park Street Studio sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 107 Park Street Studio gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za