aanbod Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 vir verblyf wat 4 nagte of langer is. Geldig vanaf 11 Mrt 2020 tot 30 Apr 2020.
Port Elizabeth SSB Akkommodasie by 10onCAPE | LekkeSlaap
+26
+26

10onCAPE

Selfsorg
  • Spesiale Aanbod - Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3.
  • Vanaf R995 R746 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kaapweg 10, Port Elizabeth, 6001, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

10onCAPE bied selfsorgverblyf met 'n opsionele B&B-opsie in Kaapweg in Port Elizabeth. Die verblyf is in die hartjie van Port Elizabeth geleë en talle besienswaardighede soos die Nelson Mandela Bay Stadion en die St George's Krieketgronde is minder as 5 km daarvandaan. Richmond Hill se restaurante en Parlementstraat is net om die draai en die lughawe is 6 km daarvandaan. Greenacres Winkelsentrum en talle ander geriewe is ook in die omtrek.

Elke woonstel het 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Katoenbadhanddoeke word voorsien. Die oopplan-kombuis het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, 'n mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is 'n ontbyttoonbank met stoele en 'n strykyster en -plank. Tee en koffie word met aankoms voorsien. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook 'n studeerkamer en gratis WiFi word ook voorsien.

In sekere woonstelle het die sitarea 'n slaapbank waarop 1 gas kan slaap. Ontbyt en aandete is op versoek beskikbaar. Bestellings moet teen 10:00 op die laatste op die inklokdag geplaas word. 'n Wasgoeddiens is op versoek teen 'n ekstra koste beskikbaar. Die kamers word daagliks skoongemaak, Maandag tot Vrydag, behalwe oor naweke en openbare vakansiedae. Die kompleks het onderdakparkeerplek.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 3 resensies vir 10onCAPE
Netheid
4.0/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Kaapweg 10, Port Elizabeth, 6001, Oos-Kaap
  • Gaste dink 10onCAPE het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R995
Vanaf R746
per nag (vir 2 persone)
was R995
Vanaf R746
per nag (vir 2 persone)
was R995
Vanaf R746
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kaapweg 10, Port Elizabeth, 6001, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAAFpRVgD7gnXn9uDGROtSCzNGHcTMRMiuqmMuTBhTbpFfJCfWRI?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R995, nou Vanaf R746  per nag (vir 2 persone) 3 5 1 5 10 Cape Road Port Elizabeth 6001 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.96239 25.60778
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za