Sandbaai  Akkommodasie by 10th on Laubie | LekkeSlaap
+7
+7

10th on Laubie

7 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 200 per nag (vir 4 persone)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Laubie-straat 10, Sandbaai, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

10th on Laubie is in Sandbaai, Hermanus, geleë en bied gehaltevakansieverblyf wat perfek vir 'n familie of groep vriende is. Dié woonstel is naby 'n hele rits winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede. Dis ook net 5 km vanaf Hermanus se middedorp en 500 m vanaf die strand.

Hierdie selfsorg-woonstel op die boonste verdieping beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea het 2 enkelbeddens, gemaklike rusbanke, 'n TV met DStv en 'n eetarea met oorgenoeg sitplek. Daar is gerieflikheidshalwe ook 'n aparte gaste-toilet.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg en sluit 'n tweeplaatstoof en oondjie, 'n mikrogolfoond, 2 yskassies, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware in.

Gaste het toegang tot gratis WiFi.

Die woonstel het 'n binnenshuise braai en 2 balkonne met waar gaste die uitsigte kan geniet.

Veilige parkeerplek is agter 'n motorhek beskikbaar en gaste kry 'n afstandbeheer sodat hulle kan kom en gaan soos hulle wil.

Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Slaapplek

’n Bespreking by 10th on Laubie sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 7 resensies vir 10th on Laubie
Netheid
4.7/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Laubie-straat 10, Sandbaai, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink 10th on Laubie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 200
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 200
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Laubie-straat 10, Sandbaai, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4b16EzvueKz3Zf6DfSlKvSyPWmBCsrxPLfUbpgeEEJqKPOIXJB?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (vir 4 persone) 7 5 1 5 10 Laubie Street Sandbaai 7200 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.418764 19.186532
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za