11 Stafford Place

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 33 % af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Nov 2019 tot 1 Des 2019.

Beskrywing

11 Stafford Place bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n tweeslaapkamer-dupleks in die hartjie van Uvongo, lekker naby die strand, restaurante, kitskosrestaurante, pubs, wasserye, en winkels.

11 Stafford Place se slaapplek is op die onderste vloer en die kuierplek en ruim onderdakbalkon met braaigeriewe en 'n gedeeltelike see-uitsig is bo. Die onderste vloer bestaan uit 2 slaapkamers, 'n volledige badkamer, 'n kombuis wat ten volle toegerus is, 'n eetarea, en 'n glashuisie wat na 'n balkon lei. Die eerste slaapkamer het 'n koninginggrootte-bed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, en daar is 'n dubbelslaapbank in die sitkamer.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas, stoof en oond, mikrogolf, en 'n ontbyttoonbank. Die TV het sekere plaaslike kanale ? bring asb. jou eie DStv-dekodeerder en slimkaart saam indien jy meer kanale verlang.

Die solderarea word via 'n stel trappe bereik en lei na 'n ruim onderdakbalkon met 'n ingeboude braaiplek en 'n gedeeltelike see-uitsig. Dit is 'n knus ruimte met 'n gerieflike sitarea aan die een kant en 'n kroegie aan die ander kant. Die sitarea is toegerus met 'n TV met 'n DVD-speler.

Gaste het toegang tot veilige onderdakparkeerplek vir 1 motor en daar is ook staanplek vir 'n sleepwa. Beddegoed word voorsien en 'n skoonmaakdiens is beskikbaar op versoek. Onthou asb. om jou eie swem- en badhanddoeke, en beddegoed vir die slaapbank saam te bring.

Die kompleks se gemeenskaplike swembad is oorkant die woonstel. Gaste kan gerus 'n draai maak by Uvongo-strand met sy pragtige kloof wat beskutting teen die wind bied. Kano's en trapbootjies is te huur by die strandmeer. Verder is daar 'n gemeenskaplike swembad, getypoel, restaurant, kafee, 'n snoepie en 'n roomysstalletjie by die strand.

Die Suidkus bied legio doendinge: gholf, die Wild Coast Sun Casino and Water Park, Oribi-kloof, slangparke, krokodilplase, renbane, Zip-lining, reksprong, abseil, en diepseehengel.

Slaapplek

'n Bespreking by 11 Stafford Place sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 11 Stafford Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R760 R507 per nag (plek vir 8)

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Nov 2019 tot 1 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za