Bela-Bela Akkommodasie by 112 Zebula | LekkeSlaap
+32

112 Zebula

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 534, Zebula Gholflandgoed en Spa, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R5 500 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

112 Zebula is 'n selfsorgvakansiehuis op die Zebula Gholflandgoed en Spa. Zebula bied 'n gholflandgoed, natuurreservaat en 'n gesondheidspa op 1600 hektaar van Afrika-bosveld in die skadu van die Waterbergbergreeks.

Dié luukse selfsorghuis bied slaapplek aan 8 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 4 en suite-slaapkamers met lugversorging. Die eerste en tweede slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed en die derde en vierde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n solderarea met 'n driekwartbed wat ideaal vir 'n kind jonger as 12 jaar is. Die kinders moet 'n leer klim om daar te kom.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, wasmasjien, tuimeldroër, mikrogolfoond, potte en panne. Die kombuis, eetarea en sitkamerarea is oopplan en het 'n kaggel in die middel van die vertrek. Die sitkamer het gemaklike leerrusbanke en 'n platskerm-TV met DStv. Die eetarea het sitplek vir 10 gaste. Die sitkamer bied toegang tot die onderdak-onthaalarea met houtmeubels, 'n ingeboude braai, Weber en 'n swembad met 'n veiligheidsnet. Gaste kan die pragtige sonsopkoms van hier af geniet.

Daar is 'n swembadkamer bo met 'n kaggel en dit maak op 'n stoep met meubels. Aan die regterkant van die huis is daar 'n grasdaklapa met 'n vuurput, ingeboude kroeg en meubels. Daar is ook 'n boma met 'n vuurput waar gaste lekker onder die sterre kan kuier. Onderdakparkeerplek is vir 4 voertuie beskikbaar. 'n Skoonmaakdiens is ingesluit, behalwe op openbare vakansiedae.

Slaapplek

’n Bespreking by 112 Zebula sluit in:

Koningingrootte-bed Kindermatras vir 1
Slaapkamer 1
Plek vir 3 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xKindermatras vir 1
Enkelbed / Driekwartbed Kindermatras vir 1
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKindermatras vir 1
Koningingrootte-bed Kindermatras vir 1
Slaapkamer 3
Plek vir 3 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xKindermatras vir 1
Enkelbed / Driekwartbed Kindermatras vir 1
Slaapkamer 4
Plek vir 3 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKindermatras vir 1

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Plaas 534, Zebula Gholflandgoed en Spa, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R5 500
per nag (plek vir 12)
Vanaf R5 500
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 534, Zebula Gholflandgoed en Spa, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAAMcnmkuWF0gLJ8gDZsejxKCMFYKiGUkVZoGXVC3gHAsUtZAV4q?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R5 500  per nag (plek vir 12) Farm 534 Zebula Golf Estate and Spa 0480 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -24.764982240036 27.949921468123
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za