Villa D'Algarve

Voeg by Gunstelinge

 

Op die Nippertjie-aanbod 10 % af

Kry 10% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Villa D’Algarve is in 'n ruim, moderne woonstelkompleks in die kleurvolle kusdorpie Muizenberg geleë. Dié woonstelkompleks bied pragtige uitsigte oor Valsbaai en op die berge wat in die verte langs die kus lê.

Dié selfsorgwoonstel is 500 m vanaf Sunrise-strand en minder as 2 km vanaf Muizenberg-strand. Die woonstelkompleks beskik oor 2 groot swembaddens en word omring deur groen grasperke en drafroetes wat na die pragtige wit strande lei.

Die woonstel is in neutrale kleure getooi en het 'n volledig toegeruste kombuis, eet-area en 'n sitkamer wat lei na 'n balkon. Daar is 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n stapelbed. Die woonstelle word daaglikse skoongemaak en vars handdoeke en linne word een maal per week voorsien.

Gaste kan gerus die braaigeriewe gebruik. Daar is ook tientalle restaurante wat verskeie plaaslike en internasionale disse bedien binne 2 km vanaf Villa D’Algarve. Gratis privaat parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Kaapstad Internasionale Lughawe is 28 km vanaf dié gastehuis en Kalkbaai is 15 minute se ry weg.

Geen troeteldiere word toegelaat nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Villa D'Algarve sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelstapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Kamer daagliks skoongemaak

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa D'Algarve gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 R1 170 per nag (plek vir 6)

Kry 10% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za