12 Dock Point

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

12 Dock Point is 'n pragtig gerestoureerde, Edwardiaanse, semi-losstaande huis in Durban. Die huise is 'n eeu gelede gebruik om skeepskapteine te huisves wat by die hawe kom vasmeer het. Jy hoef slegs 200 m langs die kanaal af te stap om uShaka se strandfront met sy restaurante en winkels te bereik. Die bekende uShaka Marine World met akwarium en waterpark is ook daar.

Die huis bied slaapplek aan tot 5 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde het 'n driekwartbed. Dié tweede badkamer word gedeel en het 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak. Al 3 kamers is bo en het stoepe.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is 'n eetarea vir 6 gaste en 'n sitarea met 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die eetarea lei na 'n stoep en tuintjie met 'n plonspoel.

Onder die huis is kelderparkeerplek vir 2 voertuie. Die voorkant van die huis lei na 'n waterfront-kanaal vol visse. Visvang word egter nie in die kanaal toegelaat nie. Die buurt word deur sekuriteitskameras gemonitor wat dit veilig maak om bedags en snags te stap.

Slaapplek

'n Bespreking by 12 Dock Point sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 12 Dock Point gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 500 per nag (vir 5 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za