12 Impahla Court

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

12 Impahla Court is 'n selfsorgwoonstel in Ramsgate, 'n oorddorpie suid van Margate aan KwaZulu-Natalse Suidkus. Dié kus is bekend vir sy goue strande, strandmere, rotsagtige inhamme, grasbedekte heuwels, warm water, son, subtropiese woude en plantegroei wat die skare trek, veral gedurende die feestyd.

Verblyf is beskikbaar in 'n woonstel met slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers en daar is 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 driekwartbeddens in die tweede slaapkamer. Die badkamer het 'n bad, stort, wasbak, en 'n toilet. Linne word in al die kamers voorsien, maar gaste moet hul eie bad- en swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, en 'n tuimeldroër.

Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het 'n gerieflike sitkamerstel en 'n platskerm-TV. Daar is 'n DStv-koppelpunt en gaste word versoek om asb. hul eie dekodeerder, slimkaart, drade en afstandbeheer saam te bring.

Veilige parkeerplek word voorsien.

Slaapplek

'n Bespreking by 12 Impahla Court sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 volwassenes en 2 kinders
1 x Dubbelbed
2 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 12 Impahla Court gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R470 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za