Clydesdale Akkommodasie by 12 on Brecher | LekkeSlaap
+40

12 on Brecher

38 resensies
Gastehuis
Spesiale Aanbod 20% af

Kry 20% af. Geldig vanaf 1 Mei 2020 tot 31 Aug 2020.

  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Brecherstraat 12, Clydesdale, Pretoria, 0002, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R690 R552 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

By 12 on Brecher in die lowerryke woonbuurt, Clydesdale, sal jy so tuis soos by jou eie huis voel. 12 on Brecher het die perfekte ligging vir almal wat in Pretoria wil vertoef. Dit is halfpad tussen Brooklyn, Sunnyside en Arcadia, en net 'n klipgooi van die mekka van Blou Bulle Rugby - Loftus Versfeld Sport Stadion.

Clydesdale en die omliggende areas soos Arcadia en Brooklyn is 'n tuiste vir 'n hele paar ambassades, kunstenaars en akademici. Die buurt is veilig en stil, en die baie groot eiendomme bekoor met ouwêreldse sjarme. 12 on Brecher is stapafstand van die volgende plekke: Groenkloof Natuurreservaat, Universiteit van Pretoria, en die Uniegeboue (ontwerp deur die bekende argitek, Sir Herbert Baker).

12 on Brecher was 'n bekoorlike, ou huis wat in 'n gesinshuis omskep is. Die huis lyk nou modern, maar die bekoring van die ou gebou het behoue gebly. Ons het die huis 'n ware sportman-karakter gegee, en die plek versier met aandenkings van my en my pa se sportloopbane. Kom geniet die lewendige atmosfeer van die omliggende area en 'n unieke verblyf-ervaring!

Ons is ook naby die volgende:

Universiteit van Pretoria
Afrikaanse Hoër Seunskool
Afrikaanse Hoër Meisieskool
Hatfield se Gautrain-stasie
Pretoria Oos NG Kerk
Zuid Afrikaans Hospitaal
Jacaranda Hospitaal
Loftus Versfeld
Staatsteater
Brooklyn Mall
Ambassades
Restaurante
Unisa
SABS

Andere geriewe sluit in:

* Rugby-pakkette vir wedstryde by Loftus Versfeld (maandelikse akkommodasie)
* DStv in alle kamers
* Vervoer
* WiFi

Ons hoop om jou binnekort te verwelkom!

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 38 resensies vir 12 on Brecher
Netheid
4.7/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Brecherstraat 12, Clydesdale, Pretoria, 0002, Gauteng
  • Gaste dink 12 on Brecher het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R690
Vanaf R552
per nag (vir 2 persone)
was R690
Vanaf R552
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Brecherstraat 12, Clydesdale, Pretoria, 0002, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDViYTAxYTZlLTk2YWItNDlhZi1iNWJmLTlkMWZmOWJlNjg3MA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R690, nou Vanaf R552  per nag (vir 2 persone) 38 5 1 5 12 Brecher Street Clydesdale 0002 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.751388888889 28.219444444444
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za