Somerstrand Akkommodasie by 125 Brookes Hill Suite | LekkeSlaap
+10
+10

125 Brookes Hill Suite

  • Vanaf R690 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 125 Brookes Hill Suites, Humewood, Port Elizabeth, 6001, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

125 Brookes Hill Suite is ideaal geleë op Brookes Hill, net oorkant Port Elizabeth se gewildste strande en die Boardwalk-kompleks. Die selfsorgwoonstel is ten volle gemeubileer en geskik vir vakansiegangers of sakereisigers. Geniet die panoramiese uitsig, kamerbediening en die luukse geriewe wat jou kuier by ons onvergeetlik sal maak.

Die woonstel het 'n oopplan-uitleg en die kombuis en slaaparea is aanmekaar geskakel. Daar is 1 kkoningingrootte-bed met 2 bedtafeltjies, lampies teen die muur, 'n klein bank, koffietafel, platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n lessenaar. Die badkamer het 'n bad en 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak. WiFi-toegang is beskikbaar teen ekstra koste.

Gaste is welkom om die Brookes Hill restaurant op die perseel te besoek, of maaltye deur die kamerbediening te bestel, wat dan direk na die woonstel gebring word. Die woonstel het ook 'n kombuisie waar gaste maaltye kan voorberei. Dit sluit 'n mikrogolfoond, yskassie, ketel en 'n elektriese braaipan in.

Die woonstel-kompleks spog met die mooiste tuin, swembad en 24 uur-sekuriteit. Die woonstel is stapafstand vanaf die promenade waar gaste die kasino en verskeie restaurante en winkels sal raakloop. Die woonstel is net 'n uur se ry van verskeie wildparke, lodges en doendinge af.

Slaapplek

’n Bespreking by 125 Brookes Hill Suite sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 85 resensies vir 125 Brookes Hill Suite
Netheid
4.4/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • 125 Brookes Hill Suites, Humewood, Port Elizabeth, 6001, Oos-Kaap
  • Gaste dink 125 Brookes Hill Suite het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R690
per nag (plek vir 2)
Vanaf R690
per nag (plek vir 2)
Vanaf R690
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 125 Brookes Hill Suites, Humewood, Port Elizabeth, 6001, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdhZDkwZjhjLTBkM2QtNGU1Mi1hZTUxLTQ3MTY3OWQ1MTdmNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R690  per nag (plek vir 2) 85 5 1 5 125 Brookes Hill Suites Humewood 6001 Oos-Kaap 086 999 0018 12:00-19:00 10:00 -33.978264574888 25.650926707826
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za