Maroeladal Akkommodasie by 13 Byzance | LekkeSlaap
+15

13 Byzance

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterford-landgoed, Byzancelaan 13, Maroeladal, Johannesburg, 2191, Gauteng
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R850 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

13 Byzance bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n lieflike gastehuis op die Waterford-landgoed, 'n gesinsvriendelike landgoed langs die Jukskeirivier in Maroeladal in Fourways. Daar is verskeie restaurante en winkelsentrums in die sentrum.

Dié selfsorggastehuis is ideaal vir sakereisigers. Verblyf is beskikbaar in 3 slaapkamers waarvan 1 kamer 'n en suite-badkamer het. Die ander 2 kamers deel 'n badkamer. Elke kamer het 'n koningingrootte-bed en het slaapplek vir 2 volwassenes. Storte is beskikbaar. Al die leefareas soos die kombuis, sitarea en eetarea word met die eienaar van die huis en ander gaste gedeel. Die huis het 'n kaggel, elektriese komberse, 'n swembad, braai-area en toegang tot 'n paadjie langs die rivier agter die huis.

Die landgoed spog met 'n tennisbaan waarvan gaste gebruik kan maak. Die huis het ook WiFi, en 'n TV met sekere DStv-kanale, Showmax en Netflix. Die kamers het verwarmers en tee, koffie, suiker, melk, badhanddoeke, stortseep, toiletpapier en sneesdoekies word voorsien. Die huis word op 'n Woensdag en Saterdag skoongemaak en die linne word slegs geruil voor gaste inklok. Daar is 2 Jack Russels wat buite op die erf woon, maar hulle is baie vriendelik.

Winkelsentrums in die area sluit die Fourways Mall, Die Buzz Winkelsentrum en die Northgate Winkelsentrum in. Montecasino is slegs 4,3 km ver en die Ticketpro Dome is 6,7 km weg. Die perseel bied maklike toegang tot die hoofweë.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Wegbreekkamers
  • Kantoorgeriewe
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Waterford-landgoed, Byzancelaan 13, Maroeladal, Johannesburg, 2191, Gauteng
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R850
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterford-landgoed, Byzancelaan 13, Maroeladal, Johannesburg, 2191, Gauteng
  • Geen kinders onder 18
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA68b20ad263f2522502313af81af9ae3eadd62d5c92eff6f272edf0fccbcf202c2e92be143a475d433dc01d2773bef8bc8df6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (vir 2 persone) Waterford Estate 13 Byzance Avenue, Maroeladal 2191 Gauteng 086 999 0018 15:00-20:00 10:00 -26.022017255784 27.98385117791
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za