Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

13 Pyrgos - Santorini Estate

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ocean-rylaan 101, Chakas Rock, Ballito, 4421, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 750 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

13 Pyrgos is 'n selfsorgwoonstel op die grondvloer in Santorini Estate in Shaka's Rock aan die Dolfynkus, net 5 km noord van Durban.

13 Pyrgos is 'n grondvloerwoonstel met 'n uitsig oor die see en bied slaapplek aan 6 gaste in 3 slaapkamers en 2 badkamers waarvan 1 'n stort en die ander 'n bad het. Daar is ook ’n leefarea en 'n kombuis. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die derde slaapkamer. Dié twee kamers deel 'n aparte badkamer met 'n stort.

Gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien.

Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het 'n gerieflike sitkamerstel en 'n groot, platskerm-TV met toegang tot Netflix, YouTube en DStv. WiFi is ook beskikbaar.

Die sitkamer lei na 'n onderdakstoep met 'n see-uitsig en 'n tafel met sitplek vir 8. Daar is ook 'n tuin en 'n Weber-braai waar gaste kan ontspan.

Ander dienste sluit skoonmaakdienste, behalwe Sondae en publieke vakansiedae, in en daar is 'n muntaangedrewe wassery in die dorp. 'n Enkel motorhuis, 'n paar tree van die woonstel af, en ekstra, oop parkeerplek is beskikbaar. Sleepwa-parkeerplek is beskikbaar in 'n oop staanplek naby die ingang.

Santorini is 'n veilige, omheinde kompleks met patrollies en sekuriteitswagte by die ingang. Die kompleks is kindervriendelik en bestaan uit 6 "Griekse dorpies" in 'n lowerryke tuin. Daar is 6 gemeenskaplike swembaddens en dit het ook 'n aangrensende braai-area, asook 'n speelgrond met 'n klimraam.

Santorini Estate het direkte toegang tot 2 strande deur 'n draaihek na die strand. Een is die Santorini-strandhek wat toegang tot die semi-privaat strand bied. Die ander is die Thompsonsbaai-strandhek, waar gaste hul motor kan parkeer.

Slaapplek

’n Bespreking by 13 Pyrgos - Santorini Estate sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Verekombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 15 resensies vir 13 Pyrgos - Santorini Estate
Netheid
3.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Ocean-rylaan 101, Chakas Rock, Ballito, 4421, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 13 Pyrgos - Santorini Estate het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 750
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 750
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ocean-rylaan 101, Chakas Rock, Ballito, 4421, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA38e0d35b6f9cb525eb498cc5f8ae74aa332e5d45474b933c746a555a35a699ea5fc9ea04d4c63356965f823143e0cedefa69?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 750 per nag (plek vir 6) 15 5 1 5 101 Ocean Drive Chakas Rock 4421 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -29.524997426266 31.225639088553