Astonbaai Akkommodasie by 14 Dolphin Bay | LekkeSlaap
+13
+13

14 Dolphin Bay

2 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Sandpiper-laan, Dolphin Bay Woonstelle, Astonbaai, 6332, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

14 Dolphin Bay is 'n selfsorg-meenthuis wat in 'n sekuriteitskompleks in Astonbaai geleë is. Hierdie vakansiehuis bied slaapplek vir 4 persone en dis naby die strand en die strandmeer geleë.

Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en daar is ook 'n oopplan-leefarea. Die hoofslaapkamer is ruim en dit is ingerig met 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-stort, ingeboude kaste en 'n spieëltafel.

Die tweede slaapkamer beskik weer oor 2 enkelbeddens en ingeboude kaste. Die kamer het 'n aparte badkamer met 'n bad. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof en oond, 'n broodrooster en 'n ketel. Daar is ook 'n wasmasjien beskikbaar.

Die sitkamer bevat 'n TV met 'n DVD-speler en 'n DStv-koppelpunt, so gaste kan hul eie slimkaart en dekodeerder saambring. Die eetkamer het sitplek vir 4 mense en dit kyk uit oor die strandmeer.

Die kompleks het ook 'n gemeenskaplike braaiplek en 'n omheinde swembad vir gaste se gebruik. Hierdie eenheid is op die tweede vloer en daar is parkeerplek op dieselfde verdieping. Gaste sal 'n afstandbeheer ontvang om die sekuriteitshek van die kompleks oop te maak.

14 Dolphin Bay is ideaal geleë, net 5 km van Jeffreysbaai af, waar gaste verskeie winkels en restaurante kan besoek.

Slaapplek

’n Bespreking by 14 Dolphin Bay sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 2 resensies vir 14 Dolphin Bay
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Sandpiper-laan, Dolphin Bay Woonstelle, Astonbaai, 6332, Oos-Kaap
  • Gaste dink 14 Dolphin Bay het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Sandpiper-laan, Dolphin Bay Woonstelle, Astonbaai, 6332, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY5ZWIxMmU3LWQyY2QtNGY0Mi04MjEzLTNlNmY0MWQ0ZGU4Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (plek vir 4) 2 5 1 5 Sandpiper Avenue Dolphin Bay Apartments 6332 Oos-Kaap 086 999 0018 13:00-22:00 11:00 -34.083561153971 24.906118512154
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za