1402 Ocean View
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Strandweg 36, Strand, 7139, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Ocean View is een van die pragtige, hoë geboue wat op die Strand se kuslyn geleë is. Woonstel 1402 is op die 14de verdieping en bied ononderbroke, asemrowende see-uitsigte oor Valsbaai.
Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n groot, vrystaande stort en 'n hoekbad. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas, mikrogolfoond, wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Daar is ook 'n ontbythoekie met 2 kroegstoeltjies.
Gaste kan totale privaatheid geniet terwyl hulle op die gemaklike leerbank, die sagte rusbank of die L-vormige dagbed in die sitkamer sit een die uitsig bewonder. Daar is ook 'n platskerm-TV met DStv in die leefarea.
Ocean View het ontvangs wat 24 uur per dag vir gaste beskikbaar is, asook kringtelevisie. Die gebou het 'n gemeenskaplike swembad en braai-area. Daar parkeerplek vir 1 voertuig ondergronds met toegang via 'n afstandbeheerde hek.
Ocean Basket, die seekosrestaurant, is loopafstand vanaf Ocean View. Klop gerus hier aan vir heerlike seekos en 'n pragtige see-uitsig.
Slaapplek
’n Bespreking by 1402 Ocean View sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Hanlie Geverifieer
Eiendomme 21
Resensies 276
Jaar gelys 5
Ligging
- Strandweg 36, Strand, 7139, Wes-Kaap
- Gaste dink 1402 Ocean View het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Strandweg 36, Strand, 7139, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom