Parys Akkommodasie by 142 Vaal de Grace | LekkeSlaap
+21
+21

142 Vaal de Grace

  • Vanaf R3 100 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vanaf die R59, Vaal de Grace 142, Parys, 9585, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

142 Vaal de Grace is op 'n gholflandgoed op 'n eiland in die Vaalrivier geleë en dit bied slaapplek aan 8 gaste.

Die huis het 'n 180°-uitsig oor die landgoed en die rivier en daar is 4 slaapkamers en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die ander 2 slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Die een badkamer het 'n stort en 'n bad en die ander twee en suite-badkamers het elkeen 'n stort.

Die kombuis is met 'n vyfplaatstoof, oond, mikrogolfoond en 'n yskas toegerus. 'n Wasmasjien is beskikbaar. Gaste kan maaltye by die etenstafel nuttig en daar is 'n binnebraai-area. Die sitkamer het 'n TV met DStv. WiFi is beskikbaar.

Die huis het 'n swembad, Weberbraai, trampolien en 'n sandput. Parkeerplek is voor die huis beskikbaar, maar ongelukkig nie in 'n motorhuis nie. Troeteldiere word nie op die landgoed toegelaat nie. 'n Skoonmaakdiens is ingesluit, maar dis nie op Sondae beskikbaar nie.

Die Vaal de Grace Landgoed het 'n gholfbaan met 18 putjies en dis deur Nick Price ontwerp. Parys bied 'n verskeidenheid besienswaardighede en doendinge soos voetslaan, 4x4-roetes, kunsvlieghengel, riviervlotvaart, voëlkyk en vele meer.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 11 resensies vir 142 Vaal de Grace
Netheid
3.5/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
3.5/5

Ligging

  • Vanaf die R59, Vaal de Grace 142, Parys, 9585, Vrystaat
  • Gaste dink 142 Vaal de Grace het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 100
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 100
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 100
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vanaf die R59, Vaal de Grace 142, Parys, 9585, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAEdgwiCpHdEcgk12026HPXUZECwsTZJfyHQwJ5vstwpksQoiv53?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 100  per nag (plek vir 8) 11 5 1 5 Off the R59 142 Vaal de Grace 9585 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -26.928153778947 27.417629063129
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za