148 Kameeldoring
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kameeldoring 148, Leeupoort Vakansiedorp, Leeupoort, 0486, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 300 per nag (vir 6 persone)
Beskrywing
148 Kameeldoring is 'n selfsorghuis in Leeupoort Vakansiedorp, net 80 km van Warmbad en 50 km van Thabazimbi in Limpopo af.
Die huis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 1 badkamer, 'n gastetoilet en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed, en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Die badkamer het 'n stort en 'n bad. Daar is 'n aparte toilet.
Die kombuis is ten volle toegerus en sluit 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV teen die muur. Gaste moet asb. hulle eie DStv saambring, gaste kan reël vir DStv aktivering teen ‘n ekstra koste. Buite is daar 'n uitkykdek, vuurput, ingeboude braai en onderdakparkeerplek.
Die natuurreservaat bied selfry-wildritte, maar gaste sal sommer wild, soos sebras, elande, koedoes en ander wildsbokke op die perseel sien.
Slaapplek
’n Bespreking by 148 Kameeldoring sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Kameeldoring 148, Leeupoort Vakansiedorp, Leeupoort, 0486, Limpopo
- Gaste dink 148 Kameeldoring het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Leeupoort Vakansiedorp Waterberg Limpopo
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kameeldoring 148, Leeupoort Vakansiedorp, Leeupoort, 0486, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom