Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

15 Katjiepiering Avenue

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Katjiepieringlaan 15, Hartenbos Heuwels, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R440 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

15 Katjiepiering Avenue bied verblyf in 2 eenhede op dieselfde perseel as die bestuurder se huis. Let wel dat daar 2 honde op die perseel woon. Dit is naby die strand en die heuwels van Hartenbos.

Eenheid 1 is 'n selfsorgwoonstel met slaapplek vir 2 gaste. Daar is 'n privaat ingang. Die slaapkamer het 'n dubbelbed, kaste en 'n spieël. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saamvat.

Daar is 'n oopplan-kombuis en -sitarea. Die kombuis is met 'n yskas, vrieskassie en mikrogolf toegerus. Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale. Braaigeriewe is buite die eenheid beskikbaar. Ongelukkig het die eenheid nie lugversorging nie.

Eenheid 2 het slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die ander slaapkamer het 'n dubbelbed. Die hoofslaapkamer het 'n platskerm-TV. Daar is 2 badkamers waarvan een en suite is. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.

Die kombuis het 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster en eetgerei. Gaste kan van die braaigeriewe gebruik maak.

Veilige parkeerplek is op die perseel agter 'n afstandbeheerde hek beskikbaar. Let wel dat daar nie 'n kaartgeriewe op die perseel is nie en dat troeteldiere nie toegelaat word nie.

15 Katjiepiering Avenue is 2 km vanaf die strand en ander doendinge in die area. Gaste kan in die see of warmwater-poele swem, diepseevisvang, bootritte meemaak, haaihokduik, wildritte geniet en gholfspeel. Gaste kan ook 1 van die wildsplase, die volstruisplase, die Kangogrotte, Plettenbergbaai, Jukani Wildlife Sanctuary, Monkeyland of Birds of Eden besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 64 resensies vir 15 Katjiepiering Avenue
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Katjiepieringlaan 15, Hartenbos Heuwels, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink 15 Katjiepiering Avenue het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R440
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R440
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Katjiepieringlaan 15, Hartenbos Heuwels, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb40a04e51ecd91af9498975219d8c8328d59144cfe34c4f5093e3f910601d23a2184747bfe127b7957d6e8301fca9a47d0ef?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R440 per nag (plek vir 2) 64 5 1 5 15 Katjiepiering Avenue Hartenbos Heuwels 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.120481400623 22.098298966885