15 Raptors Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

15 Raptors Lodge bied smaakvol gemeubileerde selfsorgverblyf in 'n stil bosveld-omgewing. Die lodge is ideaal geleë en is stapafstand vanaf restaurante en winkels in Hoedspruit. Gaste kry meer waarde vir hul geld in vergelyking met ander instansies in die dorp. Albei eenhede het gratis WiFi, privaat parkeerplek en lugversorging.

15 Raptors Lodge beskik oor 2 eenhede (Raptors Lodge Eenheid 11 en Raptors Lodge Eenheid 15). Elke eenheid het 2 slaapkamers met en suite-badkamers met 'n bad, buitestort en gratis toiletware. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Albei kamers het lugversorging en dakwaaiers.

In die sitkamer is 'n rusbank en 2 stoele, 'n platskerm-TV met volledige DStv, lugversorging en 'n dakwaaier. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware en 'n wasmasjien. Albei eenhede het 'n buitedek met 'n eetarea en privaat braaiplek.

Doendinge in die omgewing sluit warmlugballon-, besigtigings- en helikopter-vlugte, en olifantry in om net 'n paar te noem. Raptors Lodge is aan die buitewyke van die dorp geleë en net 10 minute se ry vanaf die Hoedspruit Eastgate Lughawe en Kapama Wildreservaat.

Die Orpen-hek by die Krugerwiltuin is 40 minute se ry weg en Moholoholo Rehabilitasiesentrum is 30 km weg. Die Phalaborwa-hek by die Krugerwildtuin is sowat 55 minute se ry vanaf Hoedspruit.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 15 Raptors Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]