Westbrook Akkommodasie by 15 Westbrook Forest Lodge | LekkeSlaap
+28

15 Westbrook Forest Lodge

Selfsorg
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 5)
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malcolm Welfare-sirkel 21, Westbrook Forest Lodge 15, Westbrook, 4399, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

15 Westbrook Forest Lodge is 'n selfsorg-eenheid in 'n veilige kompleks in die sonderlinge dorpie Westbrook naby Ballito. Die kompleks is in 'n subtropiese kuswoud, net 'n entjie se stap vanaf 'n Blouvlagstrand, en 'n kort entjie se ry vanaf winkels, malls en restaurante in Ballito en Umhlanga. Word aan die slaap gesus deur die see, en ontwaak soggens met voëlsang!

Die simpleks bied slaapplek aan 5 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n oopplan-sitkamer en -eetarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad wat groot genoeg is vir 2. Die kamer bied 'n uitsig oor die woud. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde kamer het 'n enkelbed. Die tweede badkamer het 'n stort.

Die moderne kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, yskas, mikrogolf en wasmasjien. Daar is 'n eetkamerstel vir 4 en 'n sitkamer met 'n platskerm-TV en DStv. Die leefarea lei na 'n ruim stoep met 'n teëlvloer en Weber-braai. Die stoep front na die woud wat 'n tuiste bied aan inheemse voëls. So nou en dan maak 'n trop blouapies ook 'n draai. Dié knape is nie aggressief nie en dis so 'n plesier om hulle dop te hou!

Daar is onderdakparkeerplek vir 1 voertuig en parkeerplek vir nog 2 voertuie in die oprit.

Die Westbrook Forest Lodge-kompleks bied 'n gemeenskaplike swembad waar jy lekker kan afkoel na 'n dag op die strand. Die hekke na die kompleks werk met afstandbeheer.

Slaapplek

’n Bespreking by 15 Westbrook Forest Lodge sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Malcolm Welfare-sirkel 21, Westbrook Forest Lodge 15, Westbrook, 4399, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 5)

Sien meer verblyf in

Westbrook KwaZulu-Natal
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 5)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malcolm Welfare-sirkel 21, Westbrook Forest Lodge 15, Westbrook, 4399, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAREoXlGeSbImamdF37Zxmp2qQbyPhp8lKnjuaQfMpat6Lq50V2e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (plek vir 5) 21 Malcolm Welfare Circle 15 Westbrook Forest Lodge 4399 KwaZulu-Natal 086 999 0018 12:00-20:00 10:00 -29.590061889072 31.167213971411
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za