150 Tlou Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

150 Tlou Lodge is 'n privaat selfsorg-bosveldlodge in die Mabalingwe Natuurreservaat van 9 500 hektaar. Mabalingwe bied aan gaste die geleentheid om tyd in die natuur met die voëllewe, inheemse bome en bosse en verskeidenheid wild te spandeer.

Dié lodge het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -sitkamer. Elke kamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg en het 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die leefarea het 'n TV met volle DStv. Die huis het ook 'n privaat boma met 'n uitsig oor die bos waar 'n verskeidenheid wild gewoonlik 'n draai kom maak.

Die Mabalingwe Natuurreservaat bied verskeie geriewe soos 'n speletjieskamer met 'n pooltafel, tafeltennis, verskeie swembaddens, tennisbane, muurbalbane, putt-putt, 'n restaurant en kroeg, koffiewinkel, 'n gerieflikheidswinkel en aandenkingswinkel, asook 'n bottelstoor.

Slaapplek

'n Bespreking by 150 Tlou Lodge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 150 Tlou Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za