St. Francisbaai Akkommodasie by 152 St Francis Drive | LekkeSlaap
+18
+18

152 St Francis Drive

3 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R3 000 per nag (vir 8 persone)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St Francis-rylaan 152, St Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

152 St Francis Drive is 'n dubbelverdiepinghuis in St Francisbaai. Dit is ideaal vir 'n gesin met tieners, 'n groep vriende of 'n gesin wat op soek is na gemaklike blyplek naby verskeie doendinge. Neem asb. kennis dat dit gedurende sekere tye in Desember raserig kan wees weens feesvieringe.

Dié huis beskik oor 4 slaapkamers en 4 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n aparte badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n aparte badkamer met 'n bad. Die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, terwyl die vierde slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer ingerig is.

Die leefarea is oopplan en die kombuis beskik oor 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond, ontbythoekie en 'n aparte opwaskamer met 'n wasmasjien. Die leefarea lei na 'n groot houtdek met 'n swembadjie, stoepmeubels en lêstoele, alles omring deur 'n welige groen tuin.

152 St Francis Drive is naby verskeie besienswaardighede en doendinge soos winkels en restaurante, ongerepte strand wat kilometers strek, visvangplekke en 2 gholfbane, en dit is net 140 km van Addo Olifantpark af.

Slaapplek

’n Bespreking by 152 St Francis Drive sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 3 resensies vir 152 St Francis Drive
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • St Francis-rylaan 152, St Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
  • Gaste dink 152 St Francis Drive het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 000
per nag (vir 8 persone)
Vanaf R3 000
per nag (vir 8 persone)
Vanaf R3 000
per nag (vir 8 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St Francis-rylaan 152, St Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAYOReC9iUQKesIl06332GqpQc0FsgVrbMzp7zaZELYfqmdAi1Ir?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 000  per nag (vir 8 persone) 3 5 1 5 152 St Francis Drive St Francis Bay 6312 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.1640807 24.8281916
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za