157 Sixth Street

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

157 Sixth Street is 'n moderne selfsorgwoonstel in Voëlklip, Hermanus. Dié gewilde vakansiedorp aan die Wes-Kaap se Suidkus is veral bekend vir die Walvisse wat jaarliks hier aandoen. Dit is 'n pragtige omgewing met 'n gematigde klimaat, verskeie doendinge, 'n diverse floraryk, en omdat dit so naby aan Kaapstad is, is dit 'n ideale basis vir mense wat die Overberg wil verken.

Die woonstel is binne stapafstand vanaf die Fernkloof Natuurreservaat, met sy groot verskeidenheid fynbosplante waar daar dwarsdeur die jaar tenminste een spesie blom. Dit is ook naby Grotto Beach, Hermanus se enigste Blouvlagstrand, met sy lewensredders gedurende die seisoen en wonderlike wandelings by die gety, geleë.

157 Sixth Street is 'n drieslaapkamerwoonstel met 2 volledige badkamers en daar is slaapplek vir 6 gaste. Elke slaapkamer is smaakvol en individueel versier. Dit lei na 'n houtdek en 'n sonverhitte swembad. Elke kamer het ook 'n plafonwaaier en digte gordyne vir vakansiegangers wat soggens 'n bietjie laat wil lê.

Die woonstel het 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Eersgenoemde is goed toegerus en het 'n stoof, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Die eetarea het sitplek vir 6 mense en daar is 'n L-vormige rusbank, 2 stoele en 'n TV met DStv in die sitarea. Gratis WiFi is beskikbaar.

Let asb. daarop dat troeteldiere nie toegelaat word nie en rook in die woonstel is streng verbode. Gaste mag ook nie op die onderdak-patio rook as die skuifdeure oop is nie.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 157 Sixth Street gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 300 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za